DriBuddi warmlug kleredroër: Werk dit goed?

Om wasgoed vinnig droog te kry is dit natuurlik die maklikste om dit sommer net in 'n tuimeldroër te gooi. 'n Uur of twee later is 'n hele bondel droog. Maar dis gewoonlik skokkend om te sien hoeveel pluis daar na die tyd in die droër se filter vergader het. Al daardie materiaal is nou weggeneem van jou klere af. Na 'n hele paar keer se tuimeldroog, vind jy ook sommer dat van die goedkoper klere sommer maklik met die hand uitmekaar geskeur kan word, so dun het dit al geword. Dit is waarom ek begin kyk het na 'n alternatiewe manier om my klere droog te maak. SEE MORE...


Load more...